Talk:Griqua
From Wikipedia, the free encyclopedia
Since Griqualand East and Griqualand West were distinct territories, they probably need separate articles SteveH 09:31, 8 August 2006 (UTC)
Ek is, soos baie sogenaamde 'witmense', eintlik 'n Griqua van bloed. My Oupa Roks het ons herkoms gaan navors in die Kaapse argiewe en ontdek dat ons via Ramatlabama, Botswana, uiteindelik in die misnoemde wes-Transvaal beland het. Oorspronklik deel van die eksodus uit Kaapstad is ons mense eers Kokstad toe en daarna het ons die Kalahari ingevaar, opsoek na vrugbare grond. As 'n kind in die (amper) wit skole van Pretoria en Johannesburg het ek snaaks on-van-plek gevoel tot ek later die waarheid van ons oorsprong geleer het. Natuurlik is meeste van ons familie (skein)heilig onbewus van ons werklike herkoms en ons mooi kombinasie 'blas velle' (soos Ouma Felicia diese graag beskryf).
Ek voel om te se^ dat die huidige nationalisme van die Griqua 'n tipe van afmuuring te wee bring, net soos ons vorige meesters die Afrikaanse Nasionaliste gedoen het. Ons moet ons Afrikansheid (meld my spelling) vereien en dit sal die basis van ons vooruitgang as Afrikane en Suid-Afrikane wees. Inderdaad, ons moet ons taal Afrikaans bewaar, maar moet diese behartig deur herintegrasie (is daar ooit so 'n woord?) met Khoi, Tswana en al die wonderlike tale van ons meoderland. Al daarie herkoms moet vereien word. Niemand wil 'n niemand wees nie. So, kom ons maak ons volgende punt op die agenda 'n wye een: Om moderne, geintegreerde, Nguni-behartige stammelinge van Suid Afrika te wees. Dit is die enigste toekoms wat ek vir Suider Afrika sien, Is ek die enigste een? Ek glo ek is nie aleennie ;). Werner 62.24.195.87 (talk) 21:43, 27 March 2008 (UTC)

